Leerstyle: Toets en identifiseer jou kind se leerstyl só, en bepaal die beste manier om te leer!
Leerstyle: Toets en identifiseer jou kind se leerstyl só, en bepaal die beste manier om te leer!
Elke leerder leer op sy individuele manier en teen sy eie tempo. Sommige studente leer die beste deur te sien wat die opvoeder skryf, ander leerders leer beter deur te luister na die opvoeder se verduidelikings en groep/klas besprekings. Daar is dan ook leerders wat die beste leer deur te luister en die inligting te intrepreteer en te teken of skribbles te maak in hulle notaboeke. Hierdie hang van elke leerder af en die voorkeure wat vir hulle werk, dit word leerstyle genoem.
Tipes leerstyle: Hier volg die eienskappe van elkeen en hoe om dit te identifiseer.
Daar is 3 hoof leerstyle waartussen ons onderskei; ouditief, kineties en visueel. Elkeen van ons het'n bietjie van elke leerstyl, maar daar is een wat domineer. Deur op die dominante leerstyl te fokus kan jy baie maklik leer en studeer.
Visuele leerstyl:
Die visuele leerstyl is wat dit sê, jy leer deur te sien. Hierdie sien ken verskillende goed beteken. Kleure, prente, kontras, ruimtelike bewustheid en ander visuele inligting. Visuele leerders memoriseer deur video's te kyk, grafieke te bestudeer, of op te let wat die onderwyser op die bord skryf. Kleurvolle klaskamers met plakkate is die ideale ruimte vir visuele leerders.
Eienskappe van visuele leerders:
- Het goeie balans;
- is gewoontlik goed georganiseerd
- baie ingestel op kleure;
- kan woorde in hul brein omskakel na prante;
- gebruik visuele hulpmiddels om hulself te verduidelik
- is goed daarmee om te visualiseer.
Hoe kan jy hierdie leerders help in die klaskamer
- Maak kleurvolle opsommings; gebruik kleurvolle penne, vorms en kleurvolle papiere.
- Breinkaarte is 'n effektiewe manier vir visuele leerders om te leer.
- Hierdie leerders hou nie daarvan om in groepe te leer nie.
- Plaas hierdie leerders voor in die klas sodat hulle baie en goed kan sien.
Kinetiese leerstyl:
Hierdie tipe leerstyl se leerders gebruik “hands-on-learning” en beweging om te leer. Die opset van tradisionele klaskamers maak dit moeilik vr hierdie leerders om te leeren konsentreer. Kinetiese leerders kan soms verkeerdelik as ADHD gesien word – ouers voel soms mal want die leerders kan niestilsit wanneer hulle moet leer nie.
Eienskappe van kinetiese leerders:
- Kinetiese leerders hou van beweeg en moet gedurig hul bene of hande beweeg.
- Kinetiese leerders het uitstekende fisiese geheue, hulle leer vinnig onthou die werk permanent wanneer hulle dit leer.
- Hierdie leerders is meestal baie goed in sport.
- Hulle hand-oog-koordinasie is baie goed asook hulle liggaams koordinasie, hulle het goeie bewusting van liggaamsbeweging.
- Hulle leer die beste deur 'hands-on' aktiwiteite.
Hoe kan jy hierdie leerders help in die klaskamer?
- Beweging is baie belangrik vir hierdie tipe-leerstyl leerders, so dit sal belangrik wees vir onderwysers om bewegings te inkorpereer in lesse.
- Hierdie leerders moet gebruik maak van grafieke, breinkaarte en modelle, hierdie leerders leer ook beter deur te skryf terwyl hulle leer/luister.
- Leer in studiegroepe, gebruik flitskaarte en beweeg rond terwyl jy leer soos bv. 'n yoga bal of 'n stoel wat beweeg.
Ouditiewe leerstyl:
Ouditiewe leerders is leerders wat die beste leer deur te hoor. Hierdie leerders fokus op luister, praat en herhaling. Hierdie leerders kan goeie punte verower deur net in die klaskamer op te let, hulle is baie goeie luisteraars.
Eienskappe van ouditiewe leerders:
- Ouditiewe leerders kan goed onthou wanneer hulle met mense kommunikeer.
- Hulle kan goed met mense praat in publiek.
- Sterk in mondelinge.
- Goeie luistervaardighede.
- Kan goed stories vertel en oordra.
- Hierdie leerders se aandag kan gou afgetrek word deur geluide.
- Hierdie leerders hou nie van stilte nie.
- Hulle hou van gesels en om opinies te lig.
Hoe kan jy hierdie leerders help in die klaskamer?
- Ouditiewe leerstyl leerders leer die beste saam met mekaar.
- Leer hardop (praat met jouself).
- Vermy geraas in jou leerarea.
- Neem jouself op terwyl jy jou werk hardop lees of die opvoeder se les en luister weer daarna.
Wil jy weet watse tipe-leerstyl jy is?
Vra jouself dievolgede vrae af om te bepaal watter tipe-leerstyl jy is.
1. Verkies jy om handboeke te lees of video's te kyk?
2. Onthou jy inligting beter wanneer jy geskrewe aantekeninge maak of wanneer jy dit met ander bespreek?
3. Vind jy dit nuttig om visuele hulpmiddels soos kaarte of diagramme te gebruik wanneer jy nuwe konsepte leer?
4. Hou jy van praktiese aktiwiteite of eksperimente wanneer jy studeer?
Indien jy steeds sukkel om jou leerstyl te identifiseer, probeer die aanlyn leerstyltoets:
Bronnelys:
https://www.studiemetodes.co.za/studiemetodes/leerstyle/
https://www.edubloxsa.co.za/leerstyle-toets-jou-kind-se-leerstyl-maar-berei-hom-voor-vir-die-regte-lewe/
https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/ontdek-jou-kind-se-leerstyl/
Comments
Post a Comment